Sažetak epizode
20 Oktober 2026: Ons leef deesdae in ’n wêreld wat selde stil is. Daar is altyd ’n boodskap, ’n gesprek, ’n enjin, musiek, nuus, ’n skermpie waarop een oor iets klets... Stilte het amper iets geword wat ons moet loop soek. En tog is dit noodsaaklik: ’n ruimte waarin ons kan dink, luister, onthou, verlang – of eenvoudig net wees. Vir party mense is stilte heeltemal te ongemaklik, want dit maak hulle selfbewus, of eensaam, of laat hulle verlang. Sophia van Taak en die voorleser, Karli Heine, verken dié tema.
20 Oktober 2026: Ons leef deesdae in ’n wêreld wat selde stil is. Daar is altyd ’n boodskap, ’n gesprek, ’n enjin, musiek, nuus, ’n skermpie waarop een oor iets klets... Stilte het amper iets geword wat ons moet loop soek. En tog is dit noodsaaklik: ’n ruimte waarin ons kan dink, luister, onthou, verlang – of eenvoudig net wees. Vir party mense is stilte heeltemal te ongemaklik, want dit maak hulle selfbewus, of eensaam, of laat hulle verlang. Sophia van Taak en die voorleser, Karli Heine, verken dié tema.
Epizode
Vers en klank: Stilte
Slušano20 Oktober 2026: Ons leef deesdae in ’n wêreld wat selde stil is. Daar is altyd ’n boodskap, ’n gesprek, ’n enjin, musiek, nuus, ’n skermpie waarop een oor iets klets... Stilte het amper iets geword wat ons moet loop soek. En tog is dit noodsaaklik: ’n ruimte waarin ons kan dink, luister, onthou, verlang – of eenvoudig net wees. Vir party mense is stilte heeltemal te ongemaklik, want dit maak hulle selfbewus, of eensaam, of laat hulle verlang. Sophia van Taak en die voorleser, Karli Heine, verken dié tema.
Vers en klank: Johan Myburg - Steierwerk
Slušano13 Oktober 2026: Die digter Johan Myburg se sesde bundel, Steierwerk, het onlangs verskyn. Sophia van Taak gesels met hom oor dié versameling sonnette. Die gesprek gaan draai ook by die woordeskat waarmee ons oor die liefde praat, die gewigtige stiltes in Gustav Mahler se laaste simfonie en die behaaglike reuk van ’n dennebos.
Vers en klank: Anri Botha en Melanie Grobler
Slušano6 Oktober 2026: Henriëtta Gryffenberg lees voor uit Anri Botha se bundel, Bakeliet. Sy het in 2018 met die bundel Wolfram gedebuteer. In hierdie nuwe bundel gebruik sy bakeliet – die eerste volledig sintetiese plastiek – as ’n uitgebreide metafoor vir die kunsmatigheid van die moderne bestaan. Henriëtta lees ook verse uit Melanie Grobler se nuutste genaamd Alles van waarde is weerloos. Melanie Grobler skryf vanuit die baie persoonlike ervaring van weduweeskap en verlies. Twee vroue, twee uiteenlopende bundels, twee heeltemal verskillende poëtiese stemme – maar albei skryf sonder ’n beskermende laag. En miskien is dit juis die interessantste raakpunt: hulle albei gebruik poësie om dinge wat nie maklik verstaanbaar is nie, te probeer begryp.
Vers en klank: Vriendskap
Slušano29 September 2026: “Jou vriend is die vervulling van jou behoeftes. Hy is jou akker wat jy met liefde saai en met danksegging maai. En hy is jou maaltyd en jou vuurherd. Want jy kom na hom as jy honger het en jy soek hom vir vrede.” Só skryf Kahlil Gibran in sy boek, Die Profeet, oor vriendskap. Sophia van Taak en Karli Heine verken dié tema. Daar is gedigte deur – onder andere – Antjie Krog, Helena Ewert, Tom Dreyer en Rocco de Villiers.
Vers en klank: Die expat, Elisabeth Eybers
Slušano22 September 2026: Hierdie episode is spesifiek vir die expats bedoel – daardie Suid-Afrikaners in die buiteland wat sekerlik van tyd tot tyd wonder: Wat het ek nou eintlik hier kom soek? En: Sal ek ooit régtig kan tuis voel in hierdie land? As daar iemand is wat dié gevoel baie goed geken het, dan was dit die digter Elisabeth Eybers. Sy het vir 46 jaar in Suid-Afrika gewoon en daarna vir óók 46 jaar in Nederland. Kom blaai saam met Joanie Combrink deur Eybers se digbundels wat sy in Nederland geskryf het om uit te vind hoe sy as buitestander haar voete daar in die vreemde gevind het.